Share This Post

Leerders speel rol in indiensneming van onderwysers

Leerders speel rol in indiensneming van onderwysers

Al ooit gehoor van ‘n onderhoudpaneel wat bestaan uit meer as net topbestuur van ‘n skool? Wel, hierdie idee klink dalk baie vreemd in Suid-Afrika, maar in die VSA is daar sommige skole wat leerders deel maak van die werwingsproeses van nuwe onderwysers.

Hierdie leerders het dan ‘n sê in wie aangestel moet word.

Vir sommige onderwysers, selfs diegene wat glo dat leerlinge bydraes moet lewer in die manier waarop skole bestuur word, is dit ‘n stap te ver.

Leerderpanele is daarvan beskuldig dat hulle simpel (of ligsinnige) vrae vra. Party onderwysers glo dit is vernederend dat volwassenes deur kinders beoordeel word.

Volgens Morrison, opvoedkundige skrywer, moet hierdie tipe panele ‘n belangrike rol speel in die indiensneming van onderwysers. Onderwysers moet immers in staat wees om met leerders oor die weg te kan kom en dit is juis wat hierdie panele toets. Die leerders mag dalk ligsinnige vrae vra, maar om ‘n onnie te wees, is om elke dag soortgelyke situasies te hanteer.

Verskeie skole in Suid-Afrika gebruik vraelyste om insig van leerders te verkry vir jaarlikse prestasiebeoordelings deur hoofde. Leerders lewer dan kommentaar oor wat onderwysers goed doen en waarop hulle kan fokus om te verbeter. Dit gee ook vir onderwyser die kans om te reflekteer oor hoe hul klasgee. Somtyds moet hierdie gradering deur leerders natuurlik met ‘n knippie sout geneem word, aangesien daar baie keer leerders is wat net eenvoudig nie van jou as onderwyser hou nie, of net glad nie hou van skool nie!

Het jy al van so iets in Suid-Afrika gehoor? Gebruik julle leerdermenings vir IQMS of soortgelyke prosedures? Ons wil weet!

Lees die volledige artikel hier

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.