Share This Post

Toetse en Eksamens in Afrikaans

Toetse en Eksamens in Afrikaans

Ons almal weet hoe dit voel wanneer alles net te veel raak. Ons wil graag ‘n balans in ons lewens hê, maar skool vra meer as net ‘n paar ure van 8 tot 3!

Wanneer jou dae bietjie vol raak en jy nie tyd het om vraestelle op te stel nie, kan jy dalk dele van hierdie vraestelle deur AfriOnnie gebruik om jou vraestelle op te stel.

AfriOnnie beskryf haarself as volg:

Ek het ‘n passie om mense te leer.  Ek is opgelei as ‘n leerondersteuner en is voltyds as onderwyseres by ‘n skool.  My opsommings en werk hier beskikbaar is hoofsaaklik Afrikaans Huistaal Gr. 3 tot 7 en Afrikaans EAT (al die grade wat die opsommings kan gebruik) en Sosiale Wetenskappe vir Gr . 4.  Ek het tien jaar lank Gr. 4 gegee en het daarom ‘n hart vir die mamma wat ook vir die eerste keer deur al die toetse en eksamens moet gaan.

Hier is ‘n paar van ons gunstelinge:

maak spelling maklik graad 3

“27 bladsye om spelling maklik te maak.  Prentjies en assosiasies om spelling makliker te maak.  Hierdie is woorde was die afgelope tien jaar die meeste verkeerd gespel of verwar in AfriOnnie se klasse.”

Daar is ook meer as 10 vraestelle waarvan jy kan kies. Meestal vir Afrikaans Huistaal.

Dis darem maar lekker om hulpbronne deur Afrikaanse Onnies te kry op die internet.

Besoek AfriOnnie se bladsy hier.

“Like” AfriOnnie hier op Facebook.

Share This Post

3 Comments

  1. Kan ek meer inligting kry asb

    Reply
  2. Wat van bietjie meer hoërskool goed, veral vir IEB graad 8-12 EAT?

    Reply
  3. Kan ons dit nie dalk uitbrei met ‘n gedeelte vir hoërskool ook nie?

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.