Share This Post

BIC® Skryfbehoeftes beloon betrokkenheid en gemeenskap in die onderwysberoep

BIC_3

Die idee dat onderwys een van die mees uitdagende beroepe is sal niemand mee stry nie. Die BIC® Skryfbehoeftes handelsmerk is voortdurend in verwondering oor die noodsaaklike werk wat alle opvoeders verrig. Dit is hoekom BIC® Skryfbehoeftes die ‘Kleur Jou Klaskamer’-veldtog gebruik het as ‘n geleentheid om onderwysers te beloon met opwindende pryse wat nuwe lewe in hul klaskamers kan bring.

BIC® Skryfbehoeftes erken die belangrikheid van gemeenskap in die onderwysberoep. As ‘n sosiale spesie, het ons almal gemeenskap nodig. Positiewe sosiale interaksies en verhoudings ondersteun ons welstand deur ‘n gevoel van aanvaarding, sekuriteit, ondersteuning, en doelgerigtheid te kweek. Te midde van die onsekerheid wat hand aan hand met die Covid-19-pandemie gaan, bly dit ‘n prioriteit om te verseker dat onderwysers en leerders van die nodige ondersteuning voorsien word. Die erkenning van hierdie behoefte is wat die BIC® Stationery Teachers Group op Facebook geïnspireer het – ‘n aanlyn bestemming vir wenke, kreatiewe inspirasie, en gesprekke oor die lewe as onderwyser in Suid-Afrika. In hierdie groep word onderwysers van die geleentheid voorsien om nie net gemeenskap en betrokkenheid te ontdek nie, maar ook bemagtigende hulpmiddels vir hulself en hul leerders.

BIC® Skryfbehoeftes glo dat alle onderwysers self ook lewenslange leerders moet wees. Daarom verskaf die BIC® Stationery Teachers Group op Facebook inhoud wat gefokus is op onderrigwenke en idees wat binne en buite die klaskamer toegepas kan word. ‘n Voorbeeld van hierdie oorspronklike inhoud sluit die onlangse BIC® Skryfbehoeftes-webinaar in, waar ‘n ster-paneel van opvoeders verskeie onkonvensionele onderrigmetodes en wenke bespreek het. Die onderwerpe onder bespreking het die volgende ingesluit: die belangrikheid van kommunikasie met leerders se ouers gedurende Covid-19, die vestiging van roetine in ‘n kind se huislewe, speel-gebaseerde leer, en kreatiwiteit in die klaskamer.

Met die jongste fase van die BIC® ‘Kleur Jou Klaskamer’-veldtog sal BIC® Skryfbehoeftes onderwysers verder aanspoor om by ‘n gemeenskap aan te sluit, en bymekaar in te skakel en op hoogte te bly van onderrigwenke, deur hierdie gedrag te beloon met die kans om ‘n reeks opwindende pryse te wen. As deel van die inskrywingsproses om die veldtog se kontantpryse te kan wen (wat wissel van R10 000 tot R25 000), moet onderwysers eers lede van die BIC® Stationery Teachers Group op Facebook word. Wanneer onderwysers inskryf, sal hulle voorsien word van ‘n unieke verwysingskode wat hulle met ander onderwysers in hul netwerk kan deel. Sodoende kan onderwysers ook help om ‘n wyer bereik van deelnemende opvoeders te skep. Hoe meer kere ‘n onderwyser se verwysingskode in inskrywings gebruik word, hoe groter is hul kans om ‘n kontantprys te wen. Dit dra by tot BIC® Skryfbehoeftes se doel om toegang tot soveel onderwysers as moontlik te kry en sodoende hulle te kan ondersteun.

Maak dus seker dat jy die nuus van die BIC® ‘Kleur Jou Klaskamer’-veldtog deel met elke onderwyser wat jy ken. Hoe meer ons onderwysers se betrokkenheid normaliseer en die kanale van ondersteuning oopmaak, hoe beter is ons in staat om elke uitdaging die hoof te bied wat meegebring word deur die huidige tye waarin ons leef. Gemeenskap en ondersteuning bly die sleutel en ons kan meer verrig wanneer ons saamwerk. 

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.